’n Goeie opvoeding kos geld en dit is iets waarvoor die meeste ouers met graagte betaal. Volgens Sinenhlanhla Nzama, ’n beleggingsbemarkingsaktuaris by Old Mutual, kan ’n B.Comm-graad van drie jaar aan ’n universiteit sowat R144 000 kos. Dit sluit bykomende uitgawes soos reis, verblyf en boeke uit wat die bywoon van ’n tersiêre instelling meebring.

Dit klink dalk oorweldigend, maar jy kan verseker wees dat hoe vroeër jy begin spaar, hoe beter. As jou kind in 2014 gebore word, moet jy sowat R460 per maand begin spaar om genoeg geld te hê teen die tyd dat hulle universiteit toe gaan.

Maar sê-nou jy het nog nie vir jou kind se opvoeding begin spaar nie? Sinenhlanhla verduidelik die minimum geraamde premies wat vir ’n skoolgaande kind betaalbaar is. Hy stel ook voor ouers praat met ’n finansiële adviseur vir ’n akkurater raming wat volgens hul behoeftes aangepas is.

Graad waarin kind nou is (2014)

Minimum bedrag wat jy nou moet begin spaar om genoeg vir naskoolse onderrig te hê

Verwagte  minimum bedrag die volgende jaar

R

R 690

R 760

1

R 740

R 815

2

R 800

R 880

3

R 870

R 960

4

R 960

R 1060

5

R 1 060

R 1 180

6

R 1 180

R 1 330

7

R 1 330

R1 500

*Met die aanname van ’n beleggingsopbrengs van 10 persent per jaar voor fooie.

*Die 10 persent beleggingsopbrengs is vir demonstrasiedoeleindes en is nie ’n waarborg nie.

-Koketso Mashika