Dit was nadat gerugte die afgelope paar dae op sosiale media versprei is oor ’n ontwrigtende staking wat die vakbond vir chemiese, energie-, papier-, drukkery-, hout- en verwante werkers (Ceppwawu) glo beplan.

Lees ook: Man steek petrolpomp aan die brand toe hy van spinnekop wou ontslae raak

Volgens Sapra vind loononderhandelings met die unie steeds plaas en word die volgende ronde vir die tweede of derde week van Julie beoog. Sapra het geen kennisgewing van ’n staking ontvang nie.

Sapra wou dit duidelik maak dat, anders as wat die gerugte suggereer, dit nie die pompjoggies is wat tans oor hul lone onderhandel nie. Hul onderhandelings sal waarskynlik later vanjaar plaasvind.

In die verlede is vragmotorbestuurders tydens ’n Ceppwawu-staking verhoed om raffinaderye of depots te verlaat.

Bron: News24