'n Britste hof het gehoor sy was “depressief en wou hul lyding stopsit; sy het geen uitweg gesien nie”.

[caption id="attachment_73527" align="alignnone" width="600"]Gary Clarence met die die tweeling Ben en Max. (Foto: Facebook) Gary Clarence met die die tweeling Ben en Max. (Foto: Facebook) [/caption]

Die Suid-Afrikaner Tania Clarence sal nie van moord aangekla word nie nadat sy haar drie jong, gestremde kinders in Londen doodgemaak het, het die Britse Persvereniging Maandag berig.

Tania (42) sal nie deur moordaanklagte in die gesig gestaar word nie; sy het skuldig gepleit op aanklagte van strafbare manslag en die Crown Prosecution Service het dit so aanvaar, het die Old Bailey Maandag gehoor.

Tania het in April by haar huis in New Malden, Surrey, die vierjarige Olivia en driejarige tweeling Ben en Max versmoor.

Sy het in Julie onskuldig gepleit op ’n aanklag van strafbare manslag en het vandag in die Old Bailey verskyn. Dit is ook aangekondig dat sy nie ’n moordverhoor sal hê nie. Sy sal op 14 November gevonnis word.

Die hof het gehoor sy was “depressief en wou hul lyding stopsit; sy het geen uitweg gesien nie”.

Die kinders, wat almal aan spinale spieratrofie gely het, se lyke is deur hul oppasser en ’n buurvrou gevind.

Tania se man, Gary (43), ’n direkteur by die bank Investec, was ten tye van die voorval in hul geboorteland, Suid-Afrika, met hul oudste kind.

Die drie kinders sou na verwagting nie lewe om hul vyfde verjaardag te sien nie.

Bronne: Sapa/The Telegraph