Só het die Wes-Kaapse hooggeregshof vandag beslis.

Dit volg ná ’n aansoek deur Marli se regsverteenwoordiger, Louise Buikman.

Regter Siraj Desai het ook bevind die 16-jarige mag nie deur die media afgeneem word of ’n onderhoud voer sonder Louise se medewete nie.

Louise het ook bevestig Marli het wel kontak met haar broer, Henri, gehad. Henri het ook die bylaanval oorleef.

Marli, wat glo aan “terugwaartse” geheueverlies ly, gaan ook volgende kwartaal terug skool toe.

Netwerk24 berig dat Marli tans saam met familie en vriende vakansie. Sy sal in die nuwe kwartaal terugkeer skool toe.

“Sy ís in kontak met Henri,” het Louise aan Netwerk24 gesê.

Bronne: News24, Netwerk24