Saterdagaand se Lotto-prysgeld van R25?miljoen is nie verlore nie berig Die Burger.

’n Tegniese probleem het veroorsaak dat die getal wenners nie bepaal kon word nie.

Duduzile Ndendwa, woordvoerder van Gidani – die operateur van die nasionale lotery – het kaartjiehouers aangemoedig om hul kaartjies te hou.

“Saterdagaand se kaartjies bly geldig totdat die probleem opgelos is en ons die getal wenners kan aankondig,” het sy aan Die Burger gesê.

Volgens haar het die regstreekse uitsending van die Lotto-trekking Saterdagaand glad verloop, maar die probleem het daarna by die Telkom-lyn ontstaan.

“Die lyn verbind ons interne rekenaarstelsel met die verskillende punte wat Lotto-kaartjies verkoop. Daarom kon ons nie die getal wenners bepaal nie.”

Indien daar nie ’n wenner of wenners is nie, word die prysgeld na die volgende trekking oorgedra.

LEES MEER HIER