Dis ongeveer die kruks van die ongelooflike ruimtesendingplan wat prof. Stephen Hawking pas in die One World-sterrewag in New York onthul het.

“Vandag verbind ons ons tot die volgende groot sprong die kosmos in,” het die briljante wetenskaplike gesê oor Breakthrough Starshot, ’n spanpoging saam met die Russiese biljoenêr Joeri Milner. Die Facebook-grootbaas Mark Zuckerberg is ook ’n Starshot-direksielid. Lees ook: Dié foto van Suid-Afrika vanuit die ruimte sal jou asem wegslaan “Dat ons ons beperkings kan oorkom, maak ons uniek. En die perk wat ons nou konfronteer, is die groot leegte tussen ons en die sterre. Maar nou kan ons dit oorsteek; met ligstrale en ligseile en die ligste ruimtetuie wat al gebou is, kan ons binne ’n geslag ’n sending na Alpha Centauri van stapel stuur,” het Stephen laat hoor tydens die bekendstelling van moontlik die mees ambisieuse ruimte-ontdekkingsprojek tot dusver.

Alpha Centauri is ons naaste sterrestelsel, maar steeds 40 triljoen km of  4,37 ligjare ver: Met konvensionele ruimtetuie sal dit 30 000 jaar duur om dit te bereik. Maar Stephen-hulle meen as hul plan vir ’n lig-aangedrewe nanotuig slaag, kan die duiselingwekkende tog tot selfs net 20 jaar verminder word.

Die beoogde Starshot-tegnologie behels dat tuigies van skaars ’n gram met vuurpyle tot in die ruimte gekarwei word, waar hulle hul ultra-dun en -ligte seile sal oopvou.

Lees ook: Gateway to Space: Die uitstalling, kom na Suid-Afrika!

Hulle sal deur ’n reuse versameling laserstrale met ’n intensiteit van 100 gigawatt van die aarde af die kosmos in gestu word en tot selfs 161 miljoen km/h versnel. Dis ’n vyfde van die spoed van lig, of meer as duisend keer vinniger as wat met huidige tegnologie bereik kan word.

As ’n enkele nanotuig wel dan ná omtrent twee dekades by Alpa Centauri uitslaan, sal dit nog vier jaar duur voor die inligting ons bereik wat dit na moederaarde terugstuur. Maar wie weet, as alles vlot verloop, kan dit vrae beantwoord waaroor die mensdom al eeue lank wroeg.

Aardeagtige planete is hoeka reeds rondom Alpha Centauri se drie sterre bespeur en wetenskaplikes is optimisties dat sommiges in die sogenaamde Goue Lokkies-sone kan wees, ’n gebied wat nie te warm of koud is vir lewe om te gedy nie.

Elke nanotuig sal met kameras, foton-aandrywers, kragvoorrade en navigasie- en kommunikasietoerusting toegerus word, alles natuurlik op ongelooflike klein skaal.

Om te dink die Apollo 11 met sy Saturn V-vuurpyl waarmee die mens maan toe is, het honderde tonne geweeg, waarvan brandstof ’n groot deel uitgemaak het . . .

Die verkenningstuig Voyager het wel al tot buite ons sonnestelsel gevorder, en is nou in die interstellêre ruimte, maar geen ruimtetuig kon al  ’n ander sterrestelsel bereik nie.

Joeri het tydens die bekendstelling gesê as die Voyager die aarde verlaat het toe die mens in die oertyd vanuit Afrika na die res van die wêreld versprei het, sou dit omtrent eers nou by Alpha Centauri aangekom het.

“Hoe gaan ons dus vinniger? Deur die brandstof agter te laat.” Hy beraam die projek, wat wegspring met ’n eerste fase van R1,45 biljoen, kan eindelik tot R145 biljoen kos.

“Die aarde gaan dalk nie vir ewig hou nie”, het Stephen gemaan. Dus moet ons “vroeër of later” na die sterre reik. Al beteken dit die mens moet sy buiteaardse planne op ’n piepklein skaal begin . . .

Psst...so gepraat van die ruimte

Het jy al jou kaartjies bespreek vir Gateway to Space: Die uitstalling? Gaan loer hier vir ’n agter-die-skerms-kykie en bespreek vandag nog jou kaarjie by Computicket.

GTS colour on black HG

Bronne: breakthroughinitiatives.org, CNN, The Daily Telegraph, ABC

Ook op Huisgenoot.com:

Hofmeyr-boeties se liefdeslewe beleef uiterstes

Een keer in ’n skrikkeljaar? Nee, in ’n groen maan!

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate

Valk tref motor en oorleef wonderbaarlik ’n hele naweek vasgekeer in sierrooster

Mauritius-moordsaak: Saak teen SA besigheidsman laat vaar

Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa