Telkemale wanneer die jong skolier huistoe geloop het na skool, het die man haar aan die arm gegryp. Tot waar sy dit nie meer kon hanteer nie en gillend van hom weggehardloop het. Sy het ook haar ouers van haar skok-ervaring vertel.

Toe word die bordjies verhang. Die bekruiper het hom met die liefde van 'n ouer misgis.

Haar ouers het haar skooltoe gevolg en die man op heter daad betrap. Hulle het hom vasgetrek en toe in die openbaar aan 'n paal vas gemaak om hom verder te verneder.

BRON: Daily Star, New York Post