Die boek het lesers oorrompel toe dit in 2001 uitgereik is. ’n Jaar later is dit met die gesogte Man Booker-prys bekroon en tot dusver is meer as 9 miljoen eksemplare verkoop.

Tog, anders as met so baie trefferboeke, was amper die hele Hollywood dit eens: Die meesleurende verhaal van Piscine (Pi) Patel, ’n Indiese tiener wat sy ouers in ’n skeepsramp verloor en toe alleen saam met ’n Bengaalse tier op ’n reddingsboot beland, was te moeilik vir die silwerdoek.

Daar was te veel beeldspraak, te veel gebeure in die hoofkarakter se gedagtes. Maar kyk net wat het nou gebeur.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.