Dit blyk ‘n nuwe gier in Hollywood te wees om ‘n bekende persoon in ‘n fliek te speel.

Flieks gebaseer op realiteit of werklike gebeure laat vanjaar ook die Oscar-benoemings inrol.

Veral politieke figure blyk ‘n gunsteling te wees. Meryl Streep se vurige vertolking van die ystervrou Margaret Thatcher het omtrent die filmfoendies aan die gons.

“Ek was lankal reeds bewus van Margaret. Al was haar politieke besluite nie altyd so gewild nie, was dit steeds ongelooflik dat ‘n vrou haar posisie bekleë het,” het Meryl Streep onlangs tydens ‘n onderhoud aan Radio Times gesê.

Ook Leonardo DiCaprio se raakvat weergawe van J. Edgar Hoover laat ‘n mens twee keer kyk.

Michelle Williams se weerlose Marilyn Monroe word deur sommiges beskryf as haar beste werk tot op hede.

Die mees onlangse aktrise om ‘n bekende politieke figuur te vertolk in ‘n fliek is Juliane Moore wat Sarah Palin só realisties uitbeeld dat dit byna onmoontlik is om die twee van mekaar te onderskei.

Hier is ‘n paar van die akteurs in aksie: