“Ek wou nie eers vanaand hierheen kom nie. Ek’t met my ma gepraat en my familie is oukei. Dit is so ’n groot byeenkoms en daar is soveel mense daar. Dit is aaklig en wreed. Dit is ***** gruwelik. Ek’s ongelooflik ontsteld,” het Mark Wahlberg in New York aan ’n verslaggewer gesê tydens die bekendstelling van sy nuwe fliek, Pain and Gain.

Wahlberg is ’n boorling van Boston, waar twee bomontploffings die Boston-marathon tot stilstand geruk het.

Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese atleet Ernst van Dyk was ook by die marathon en het getwiet: “Was by ’n geleentheid ná die wedloop toe tweede ontploffing oorkant die straat afgaan. Was aaklig om dit alles te sien gebeur.”

Nog Suid-Afrikaners het hul skok uitgespreek oor dié gebeure: “Ná so ’n lekker aand moet jy tuiskom en hoor van die wetters wat die Boston-marathon gebom het,” het die Afrikaanse sanger Wicus van der Merwe getwiet.

“Die wêreld is siek. Wie sou so iets doen?” het die oudrugbyspeler Toks van der Linde getwiet.

Kyk hier na ’n galery van die gebeure.

Kyk hier na ’n video van die gebeure.

Lees nog artikels oor die Boston-marathon hier.