Hoe lyk jou duim vandag?

’n Sterk boodskap deur die adv. Thuli Madonsela.
Bobby van Jaarsveld gaan eers ’n bietjie opwarm voor hy sy kruisie gaan trek.
Grapjas Marc Lottering steek die draak met die tientalle “duim-foto’s” en spog net so lekker met syne.
Die openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, het in Pretoria gaan stem.
Helen Zille sê mense moenie kla as hulle nie gestem het nie.
Winnie Mandela het ook vandag haar kruisies gaan trek.
Sy word Saterdag 100 jaar oud, maar hierdie wonderlike dame het haar kruisie kom trek!
Kyk net hoe oulik lyk die Expresso Morning Show-span.
Heinze en Aletté-Johanni Winckler op pad om hul kruisies te trek.
Elana Afrika en Ian Bredenkamp glimlag breed.
Melinda Bam het reeds vroegoggend haar duim gaan wys.

A photo posted by melindabam (@melindabam) on

Die minister van sport, Fikile Mabula, moes hard geskrum om sy stembriewe in te gee.
Musiekman Ampie het gestem én toe uitskel gekry.
Mnr. Suid-Afrika, Armand du Plessis, het sy kruisie vir die toekoms gemaak.
7de Laan se Vince, Jacques Blignaut, het die deli vir ' rukkie toegemaak om te gaan stem.

A photo posted by @jacquesb on

’n Ernstige Julius Malema het in Seshego gestem.
Vir Sarina Frauenstein van PretoriaFM het dit gouer as gou gegaan om te stem.
Mmusi Maimane en sy vrou by die stemlokaal in Johannesburg. <> Die aktrise Christia Visser het ook haar stem laat tel.
Danny Jordaan handel ook gou sy stemmery af in ’n koue Port Elizabeth.
Rugbylegende en televisie-aanbieder Toks van der Linde spog ook met daardie duim.
Aartsbiskop emiritus Desmond Tutu het in Kaapstad gestem.
RSG se Martelize Brink spog met haar eie stemhokkie.
Pres. Jacob Zuma het in Nkandla gestem.
Oud-pres. Thabo Mbeki praat met die media nadat hy gestem het.
Die sanger André Schwartz het sy ma saamgeneem na die stembus.
Kyk net Willem Botha se oulike “stem-genoot”.
En dan word daar ook gedink aan diegene wat tussendeur die stemmery onverpoos moet werk om die nuus te verwerk.