Ons het by ‘n paar bekendes gaan uitvind wat hulle vanjaar in hulle Kerskous vanaf Kersvader wil kry.

Jakkie Louw: 

‘n Dag saam met my vrou en dogtertjie. Ek kry darem hierdie jaar die kans om dit te doen. Ek mis hulle ongelooflik baie.

Elana Afrika: 

Geen geskenke vir my. Ek gaan my tyd skenk aan ‘n jeuggroep vir wie ek ‘n toespraak gaan gee. Ek gaan ook saam met my familie kuier. Ek’t ook handgemaakte kaartjies gestuur aan almal wat vanjaar ‘n impak op my lewe gehad het.

Wicus van der Merwe: 

Ek hoop dat almal veilig tuis sal kom ná die vakansie en lekker uitgerus sal wees. O, ja en ek sal graag ‘n iPad2 en ‘n iPhone4 wil hê.

Lee Scott: 

Ek dink my lysie is hierdie jaar baie maklik. Ek soek baie klere en bykomstighede. Ek soek ook Robyn se nuwe CD!

Brandon October: 

Die vraag is eintlik wat soek ek nie vir Kersfees nie. Ek was baie soet hierdie jaar so hopelik staan daar ‘n nuwe motorfiets onder die Kersboom.

Francois Henning (Snotkop): 

As iemand vra wat ek vir Kersfees soek, verwys ek hulle altyd na Reach for a Dream se webtuiste om ‘n donasie te maak. Ek het alles wat ek wil hê.

Angelique Gerber: 

Geen geskenke. Ek soek net gelukkige en gesonde familie en vriende en die vrede wat net Yeshua kan gee.

Sarah Theron: 

Ek wil graag die volgende vir Kersfees hê: ‘n Persoonlike assistent, ‘n laaaaang see-vakansie, ‘n splinternuwe 4x4-voertuig, twee weke by ‘n spa-oord en o ja, wêreldvrede.

Katlego Maboe:

Vir Kersfees sal ek so graag die nuwe Range Rover Evogue in my Kerskous wil hê…maar ek glo nie Kersvader kan so ‘n groot geskenk dra nie.

Willem Botha: 

Ek sien regtig uit om saam met my familie op die plaas te wees. Ek het my eie huis gekoop en het maar net vir almal gevra om vir my goed vir my huis te koop. Ek wil ook graag die “in-ear” monitors hê waarmee mens sing. Maar dit is nogal duur. Geseënde Kersfees almal.

Volg Huisgenoot op Twitter.