Sou jy ooit kon raai dat Vince Vaughn en Robert Pattinson beste vriende is?

Vince Vaughn en Robert Pattinson

Dié twee hang gereeld saam uit en Robert het glo by Vince gaan troos soek nadat sy eksmeisie Kirstin Stewart hom verneuk het.

Harry Styles en Zach Braff

Ons almal weet Harry het ’n paar bekende vriende (dink maar aan Kendall Jenner en Taylor Swift), maar kan jy glo die Scrubs-akteur is ook op dié lysie? Zach het einde verlede jaar dié foto saam met die One Direction-sanger getwiet.

Zac and Harry

Kerry Washington en Jane Fonda

Al is die ouderdomsverskil tussen hulle byna vier dekades, laat dié twee aktrises nie toe dat dit in die pad van hul vriendskap staan nie. Kerry en Jane deel ’n passie vir die bekamping van geweld teen vroue en kinders.

Jane was ook in Februarie een van net 40 gaste by Kerry se ooievaarstee.

Snoop Lion en David Beckham

Die rapper, wat voorheen as Snoop Dogg bekendgestaan het, en die Britse sokkerster het bevriend geraak toe Becks en sy gesin na Los Angeles verhuis. David het op Snoop se werklikheidsprogram, Snoop Dogg’s Father Hood, verskyn en die twee het saam sokker gespeel.

David is glo een van die eerste mense wat na Snoop se nuwe liedjies mag luister. David het beloof om Snoop se kinders te leer sokker speel, en sy kroos sal weer op hul beurt rap-lesse by Snoop kry.

Russel Brand en Helen Mirren

Die twee Britte het in 2011 ontmoet toe hulle aan die fliek Arthur gewerk het. Russel het ’n diamant-doekspeld vir Helen gegee en sy het gegons oor hoe oulik hy is.

Nou wonder Katy Perry seker of haar verhouding met Russel dalk sou werk as sy ’n bietjie ouer was. . .

Bronne: Buzzfeed, E! Online, The Richest, Fox News