1.    Owen Wilson

Owen is die jongste van ’n rits bekende mans wat liefdeskinders verwek het. Hy verwag ’n baba by sy getroude persoonlike afrigter, Caroline Lindqvist.

Die aantreklike akteur van Wedding Crashers het beslis sy persoonlike afrigting ernstig opgeneem. Nadat sy Owen in Mei van haar swangerskap ingelig het, het Caroline ’n egskeiding aangevra. Die ballerina van Sweedse afkoms se baba word in Januarie verwag.

Owen het ook ’n seun by sy vorige meisie, Jade Duell.

simoncowell6

2.    Simon Cowell

Mnr. Gemeen is bekend om sy nare aanmerkings op talentprogramme soos Pop Idol, The X Factor, Britain’s Got Talent en American Idol. Nadat hy sy vriend Andrew Silverman se vrou, Lauren, kooi toe gesleep het, het hy homself in ’n nare penarie bevind – Lauren het swanger geraak met Simon se kind. Sy is intussen geskei. Die baba word in Februarie verwag.

judelaw

  • 3.    Jude Law

Dan is daar die berugte verhaal van Jude Law se stoutigheid met die babaoppasser in 2005 . . . terwyl hy verloof was aan die model en aktrise Sienna Miller. Hy het drie kinders by sy eks, Sadie Frost. Die sexy Engelse akteur het in 2009 ’n vierde keer pa geword – ná ’n kortstondige liefdesverhouding met die Amerikaanse model Samantha Burke.

4.    Liam Gallagher

Die Beady Eye-hoofsanger en die Amerikaanse joernalis Liza Ghorbani baklei gedurig oor onderhoud vir hul dogtertjie, Gemma.

Die rocker probeer Liza ook glo oorreed om te onderneem sy sal geen besonderhede oor hul verhouding bekendmaak nie. Lyk nogal asof Liam baie het om weg te steek . .  .

  • 5.    Hugh Grant

Die aantreklike Hugh Grant het erken hy het ’n kind, Tabitha, by ’n ou liefde, Tinglan Hong. Die dogtertjie is in 2011 gebore. Eindelik het hy groter nuus gemaak as daardie keer toe die polisie hom by ’n prostituut betrap en aangekeer het.

Faiza Mallick

Bronne:news.com.au, people.com, justjared.com, dailymail.co.uk