A photo posted by Ashlee Connell (@ashleeeeg) on

Die sangeres het tydens die rapper se optrede by die AmericanAirlines-arena by hom aangesluit en dit het beslis gelyk of die tweee nie meer hul gevoelens wegsteek nie.

A photo posted by Aubrey Bailey (@aubreylauryn) on

Hulle het gesoen en mekaar omhels en aanhangers het hulle toegejuig toe Rihanna die verhoog ná haar optrede saam met Drake verlaat.

Lees ook: Leonardo DiCaprio en Maggie Smith se oulike soenkamera-oomblik

Sy het geskree: “Dankie, Miami!” Drake het gesê: “Miami, julle moet nog een keer ’n bietjie geraas maak vir Rihanna!”

[caption id="attachment_135610" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Die jare lange vriende is al ’n paar keer saamgesien sedert Drake by vanjaar se MTV VMA-geselligheid op die verhoog sy liefde aan die Umbrella-sangeres verklaar het.

Toe die rapper die Michael Jackson Video Vanguard-prys aan haar oorhandig, het hy gesê: “Ek is al vandat ek 22 jaar oud was verlief op haar. Sy is een van my beste vriende. Ek sien al my hele volwasse lewe lank op na haar, al is sy jonger as ek. In ons bedryf is sy ’n lewende legende.”

Lees ook: Sterre verklap hul lekkerste film-soen

Rihanna en Drake is ná die geleentheid saamgesien by die New Yorkse kuierplek Up & Down en het Maandag in die stad uitgeëet.

Sy het hom na Miami vergesel en die twee is Dinsdag gekiek waar hulle in die nagklub E11EVEN gedans het. Op die foto’s is dit glo duidelik hulle is dolverlief.

’n Omstander het aan E! News vertel die sterre het “intieme gesprekke gehad en mekaar in die openbaar geliefkoos”.

© Cover Media