Die 46-jarige ster van Empire onthul sy sukkel al jare lank om haar laaste slegte gewoonte te los nadat sy reeds ophou drink het, maar geeneen van haar pogings om haar van sigarette te speen, soos nikotienplakkers, het tot dusver vrugte afgewerp nie.

Naomi, wat ophou rook ’n Nuwejaarsvoorneme vir 2017 gemaak het, gaan nou hipnoterapie nog ’n kans gee.

Lees ook: Michael Jackson is onder hipnose ondervra

"Ek het steeds ’n rookprobleem,” het sy op The View, ’n Amerikaanse geselsprogram, erken. “Ek rook minder, maar dis die moeilikste (slegte gewoonte om te los); ek gaan terug na die hipnotiseur.”

Naomi se erkentenis het Whoopi Goldberg, medeaanbieder van die program, aangespoor om te vertel van wat haar ’n klompie jare gelede so geskok het dat sy ophou rook het.

"(Dit was) twee kinders met sistiese fibrose – kinders wat nie kan asemhaal nie – wat ek in ’n video gesien het en die laaste ding wat hierdie seuntjie op die video gesê het, was: ‘Al wat ek wil doen, is om soos ’n normale mens asem te haal.’

Lees ook: Dié sewe modelle het ook al naam gemaak in Hollywood

“Hy was destyds nege jaar oud en ek het gedink: ‘Ek het 40 jaar lank gerook en al wat hierdie seuntjie wil doen, is om sonder vrees diep asem te haal. Dit was genoeg vir my . . . elke keer dat jy dus gaan rook, moet jy besef daar is mense wat nie behoorlik kan asemhaal nie.”

Die Ghost-aktrise se staaltjie het Naomi laat sê sy kan haar vereenselwig met die seuntjie se gesondheidstryd.

"Daar is iemand in my lewe wat baie onlangs iets soortgelyks ervaar het; dus weet ek presies wat jy bedoel,” het sy opgemerk en plegtig belowe om haar bes te doen om die rookgewoonte vir altyd te laat staan.

– Cover Media