Die voormalige krieketheld Jonty Rhodes tel omtrent die dae af tot sy kleinding se geboorte.

Jonty het in Januarie vanjaar op Instagram aangekondig hy en sy vrou, Melanie Jeanee, verwag ’n nuwe bondeltjie vreugde.

2017 going to be a bumper year for the Rhodes family #lovelife

A post shared by Jonty Rhodes (@jontyrhodes8) on

Die oud-krieketspeler het gister ’n pragfoto van sy vrou met sy aanhangers gedeel waar jy haar hoogswanger maag kan sien. Hy het toe vertel die baba is ’n week laat.

"Baba is een week 'laat' maar kan nie sê dat ek hom/haar blameer omdat hulle nie die 'moederskip' wil verlaat nie!" het Jonty, wat deesdae ’n veldwerk-afrigter vir die Mumbai Indians-span is, op Instagram geskryf.

Die paartjie se eersteling, India, het onlangs haar tweede verjaardag gevier. Die skattige kleinding is genoem na die land waar sy gebore is. Kyk ons so op Instagram, lyk dit of klein India haar pa se oogappel is. Sy toer ook gereeld saam met hom.

Daddy's (birthday)girl #incredibleindia #lifeontour #blessed

A post shared by Jonty Rhodes (@jontyrhodes8) on

Sterkte, Jonty en Melanie! Ons hoop jul kleinding maak gou sy of haar verskyning!