Die voorval het glo in die vroeë oggendure ná die Sharks se nederlaag teen die Crusaders in die Bluff plaasgevind. Lees ook: Superrugby-seisoen is op ons! Maak hier seker jy weet wanneer jou span speel Kyle Cooper het glo Dinsdag in die Wentworth-landdroshof verskyn en is op borgtog van R500 vrygelaat. Luidens berigte is daar twee klagtes: een van gewone aanranding en ’n tweede aanrandingsklagte met die bedoeling om ernstige liggaamlike skade te berokken, teen Kyle aanhangig gemaak.

Kyle word daarvan aangekla dat hy die 19-jarige Camilla Johannessen ná ’n woordewisseling geslaan het. Volgens ’n ooggetuie moes die uitsmyter ingryp en hom wegsleep.

Camilla het haar pa, Donald (42), oor die voorval ingelig. Hy het Kyle in die parkeerterrein gekonfronteer waar laasgenoemde se vriende hom na bewering vasgehou het terwyl Kyle hom slaan.

Lees ook: Jy sal nie glo saam met watter superster Juan de Jongh in Brasilië ’n selfie geneem het nie!

Donald en sy dogter het albei klagte by die plaaslike polisiekantoor aanhangig gemaak en ook ’n dokter besoek vir die nodige forensiese ondersoeke oor hul beserings.

In ’n onderhoud met The Mercury het Cindy Johannsen, Donald se vrou en Camilla se ma, gesê haar man het beserings aan sy ribbes opgedoen terwyl haar dogter ’n sny aan die binnekant van haar mond het.

Donald het glo ook kneusings aan sy arm en ’n geswelde oog tydens die konfrontasie opgedoen.

Jacques Botha het bevestig hy verteenwoordig Kyle. “Die saak is uitgestel om na ’n alternatiewe oplossing vir die dispuut te kyk.”

Hy noem voorts dat Kyle ook ’n klagte van aanranding by die Wentworth-polisiekantoor ingedien het, maar dit het glo “verdwyn”. Dit word glo ondersoek.

Die openbare betrekkinge-bestuurder van die Sharks, Novashni Chetty, het gesê hulle is bewus van ’n voorval waarby een van hul spelers betrokke was. “Dit is moeilik om kommentaar te lewer op ’n voorval waaroor ons min inligting het. Elke saak het twee kante. Daarom vertrou ons die regstelsel om sy pad te loop en daar sal, indien nodig, opgetree word na gelang van die uiteinde.”

Bronne: themercury.co.za, news24.com

Ander storie op Huisgenoot.com

Kyk: Dié 7 akteurs besit hotelle – en so lyk dit!

Gelukkige einde vir oupa ná ’n hartseer foto van hom soos ’n veldbrand versprei

‘Sy gee my hoop’: Neels van Jaarsveld gesels oor die toekoms, die liefde in sy lewe

Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .