.

[caption id="attachment_149280" align="alignnone" width="594"]Shannen Doherty en haar man, Kurt Iswarienko. Foto: Facebook Shannen Doherty en haar man, Kurt Iswarienko. Foto: Cover Media[/caption]

Die Beverly Hills, 90210-aktrise moes hart oopmaak oor haar gesondheidskrisis in ’n regsgeding van sowat R180 miljoen verlede jaar. Sy het verteenwoordigers by Tanner Mainstain Glynn & Johnson gedagvaar, want hulle het na bewering haar gesondheidversekeringspolis laat verval, en haar verplig om te wag om ’n dokter oor ’n knop in haar bors te besoek.

Die twee partye het luidens berigte in Augustus vanjaar ’n skikking bereik. Maar nou het Shannen se man haar voorbeeld gevolg en sy eie dokumente oor dieselfde kwessie by die hof ingedien.

In sy hofdokumente, wat deur TMZ.com bekom is, verkwalik die fotograaf die bestuurders se nalatigheid daarvoor dat dit sy sekslewe met die 45-jarige aktrise verongeluk het, wie se borskanker waarskynlik vroeër gediagnoseer sou gewees het as sy in 2014 mediese hulp kon kry.

Hy beskuldig ook die onderneming se werknemers daarvan dat hulle sy eie geld wanbestuur het en veroorsaak het dat hy in onlangse jare by slegte lenings betrokke geraak het en sy kredietrekord bederf is.

Shannen was openlik oor haar kankerstryd sedert die nuus verlede jaar bekendgemaak is. Sy praat oor haar gesondheidskrisis in die sosiale en hou haar aanhangers op die hoogte.

Sy het vroeër vanjaar ’n reeks chemoterapiesessies ondergaan en in November met bestralingsterapie begin.

Kurt steun sy vrou deur die gesondheidskrisis. En al het hy voorheen erken die diagnose het hul huwelik beproef, hou hy vol dit het hulle later nader aan mekaar gebring.

“Dis een van die kere dat jy jou staal as toets ’n egpaar,” het hy gesê.

Die twee is sedert 2011 getroud.

© Cover Media