[caption id="attachment_138137" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Ná Britney se vreemde gedrag in 2007 wat wyd aandag getrek het in die media is haar bates onder die kuratorskap van haar pa en haar prokureur, Andrew M Wallet, geplaas. Dit het hom beheer oor haar bates, insluitend al haar geldsake, gegee.

Ten spyte van die feit dat Britney se lewe en beroep van krag tot krag gaan, sal die ma van twee nie gou weer beheer oor elke aspek van haar lewe herwin nie, berig die New York Post se skinderrubriek, Page Six.

“Britney werk en werk en almal om haar word betaal. Dit is verstommend hoe hard sy werk, hoe goed sy haar tans gedra, maar sy kan steeds nie sonder die goedkeuring van haar kurators besluite neem oor haar geldsake of persoonlike lewe nie,” het ’n bron aan die nuusblad gesê.

Volgens ’n vorige berig in die New York Times betaal Britney R1 766 290 ($130 000) per jaar vir Jamie om haar belange te behartig. Enigiets wat sy koop, word in hofdokumente aangeteken in ’n poging om haar fortuin te beveilig.

Blykbaar is Britney heel tevrede met die huidige situasie.

“Ja, sy is steeds onder kuratorskap, maar sy is gelukkig, aangesien alles namens haar behartig word,” het ’n ander ingeligte bron bygevoeg. “Sy is in ’n Britney-borrel. Sy is gesond, sy was so pas nog ’n jaar lank sober, en sy gaan uit met Sam Asghari, ’n aantreklike kêrel en model en persoonlike afrigter.”

’n Ander persoon uit die binnekring het egter beweer die kuratorskap is vreemd, aangesien almal geld maak uit Britney, en bygevoeg: “Dit voel asof sy ’n wandelende zombie is. Sy is die een op die verhoog. Almal om haar word betaal . . .Larry Rudolph (haar bestuurder) kry sy deel.”

’n Verteenwoordiger van die sangeres het egter beklemtoon enige bewerings dat dat haar span geldgierig is, is nie “akkuraat” nie, en bygevoeg: “Sy is fantasties, daar is binnekort optredes in Asië en Tel Aviv en sy is baie gelukkig.”

Britney het onlangs aangekondig dat haar Las Vegas-verblyf in Piece of Me teen Desember vanjaar tot ’n einde sal kom ná vier jaar in “Sin City”. Daarna sal sy egter nie veel rustyd kry nie, want Larry, haar bestuurder, het aan Page Six gesê dat daar ’n toer en die opneem van ’n nuwe CD in die vooruitsig is.

© Cover Media