Janet Jackson se eerste man, James DeBarge, het trompop in ’n ander voertuig vasgery en hom toe so gou as moontlik uit die voete gemaak, berig TMZ.com.

A post shared by Janet Jackson (@janetjackson) on

Die slagoffer se paneelbordkamera was tydens die voorval aangeskakel en het alles opgeneem.

TMZ het die videomateriaal beskikbaar gemaak waarin James in sy silwerkleurige Mercedes-Benz teen die slagoffer se voertuig bots.

Die slagoffer se prokureur, Michael Parker, het aan TMZ.com gesê sy kan James glad nie opspoor om vir die byna R80 000 se skade te betaal nie.

Janet en James is in 1984 blitsvinnig getroud, maar die huwelik is in 1985 nietig verklaar.

James is in 2015 vrygelaat nadat hy drie jaar gevangenisstraf uitgedien het op klagte van die besit van dwelms en ’n onwettige vuurwapen, het TMZ berig.

Bronne: TMZ.com, Mirror.co.uk, Latimes.com