[caption id="attachment_135380" align="alignnone" width="599"]Foto: Wikimedia Foto: Wikimedia[/caption]

Lt. Chris Ramirez het aan die Hollywood Reporter bevestig dat die Forever-sanger tans in aanhouding is by ’n polisiekantoor in Los Angeles ná ’n lang soektog by sy huis in Tarzana, Kalifornië.

Die drama het vroeg Dinsdag begin toe die skoonheidskoningin Baylee Curran die polisie ontbied en die sanger daarvan beskuldig het dat hy tydens ’n argument by sy huis ’n vuurwapen op haar gerig het.

[caption id="attachment_135372" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]

Sy het aan TMZ.com vertel Chris het woedend geraak toe hy agterkom sy bewonder van sy juweliersware.

Lees ook: Dis waarom Lindsay Lohan haar buurt vroegoggend met reusekabaal wakkergegil het

Sy en ’n vriendin het ongedeerd ontsnap en toe die polisie by die toneel opdaag om ondersoek in te stel en na die beweerde wapen te soek, is hulle toegang tot Chris se huis geweier.

Die polisie het daarna aansoek gedoen om ’n lasbrief om sy huis te mag deursoek. Dit is ure later uitgereik en het hulle toegang tot die R&B-ster se huis gegee nadat hulle glo ’n doodloopstraat bereik het wat deur die adjunk-polisiehoof Bob Green as “lank en uitgerek” beskryf is.

Minstens ses lede van die ster se gevolg het die eiendom verlaat toe die polisie toegang verkry het.

Chris se prokureur, Mark Geragos, het daar opgedaag net voor die lasbrief oorhandig is, berig die Los Angeles Times.

Lees ook: Dwelmhandelaar loop ’n bloutjie ná hy kokaïen aan polisieman probeer verkwansel

Chris (27) het hom vreedsaam oorgegee en het buite sy huis met die polisie gepraat. Hy is ure later amptelik in hegtenis geneem onder verdenking van aanranding met ’n dodelike wapen.

Die sanger, wat voor sy inhegtenisname op Instagram gesê het hy’t niks verkeerd gedoen nie, het oor die jare ’n hele aantal keer met die gereg gebots. Daaronder is sy skuldigbevinding aan aanranding op sy destydse meisie Rihanna in 2009.

Ná ’n proeftydperk van vyf jaar, wat in 2015 tot ’n einde gekom het, is hy vir ’n aantal oortredings met dwelms en ander voorvalle vasgetrek en het beamptes besluit om die vonnis te verleng.

© Cover Media