Die sanger, wat binnekort op ’n Kaapse toer vertrek, het Maandag die skattigste foto’s van hul poppie en sy pragtige vrou met sy aanhangers op sy Facebook-blad gedeel.

“Vandag sewe maande terug het ons klein prinses geveg vir haar lewe, maar met gebed en God se genade is sy gesond en besig om ons lewens op soveel maniere in te kleur. ’n Bondeltjie liefde. Wat ’n voorreg is dit dat die vader ons as haar ouers gekies het . . .” het Gerhard geswymel.

[post-slider]

Huisgenoot het na Zardi se tuiskoms, berig die egpaar moes die eerste vyf weke van hul eersteling se lewe tussen hul huis in Boksburg en die hospitaal in Pretoria pendel en ure in die hoësorgeenheid deurbring om oor haar te waak.

Hulle was oorstelp van blydskap toe hulle haar eindelik kon huis toe neem.

Die egpaar het toe vertel piepklein Zardi, so klein soos die fynste poppie, het net 1,2 kg geweeg toe sy op 14 April op 33 weke gebore is. Sy moes eintlik eers op 29 Mei haar opwagting gemaak het.

Ons is net so bly en dankie vir die pragfoto’s!