Polisie sê die welbekende sakeman is Maandagaand deur twee onbekende verdagtes doodgeskiet.

Die man se identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

Brigadier Motlafela Mojapelo sê die slagoffer was glo saam met ’n vrou toe die verdagtes, wat Shona gepraat het, hom genader en geskiet het.

Volgens Mojapelo is die vrou nie beseer nie.

Die voorval het in Musina Uitbreiding 12 plaasgevind. Die man se pistool, selfoon en ’n vriend se selfoon is deur die verdagtes afgeneem.

Die polisie vra dat enigiemand met meer inligting oor die voorval dit by hul naaste polisiestasie aanmeld.

Bron: News24