“Om voor George Michael se huis te staan, was die mees onwerklike ervaring”, sê Ian Bredenkamp, bekende radio-oproeper en man van die aktrise en aanbieder Elana Afrika-Bredenkamp.

Ian is tans op ’n besoek aan Engeland waar hy ook by die ontslape popster George Michael se huis ’n draai gaan maak het. George is op Kersdag vermoedelik weens hartversaking in sy huis oorlede.

[caption id="attachment_152545" align="alignnone" width="600"]Ian buite die gewese George Michael se huis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp Ian buite die ontslape George Michael se huis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp[/caption]

“Op pad na Engeland het die nuus van sy skielike afsterwe bekend geword, so ons het gehoor die oomblik toe ons in Londen aankom," onthou Ian. "As ’n groot ondersteuner was dit vir my ’n geweldige skok so ek het dadelik moeite gedoen om uit te vind waar sy huis is.”

[caption id="attachment_152546" align="alignnone" width="600"]Die gewese George Michael se spoghuis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp George Michael se spoghuis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp[/caption]

“Daar was omtrent ses nuusagentskappe buite die huis en ongeveer 70 mense wat gekom het om medelye te betoon.”

[caption id="attachment_152547" align="alignnone" width="600"]Nuusagentskappe buite George Michael se huis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp Nuusagentskappe buite George Michael se huis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp[/caption]

“Dit is ’n groot huis in ’n spogbuurt sowat 45 minute noord van sentraal-Londen. Maar ten spyte daarvan het hy geen oprit nie en moes daarom sy motor op straat parkeer.

[caption id="attachment_152544" align="alignnone" width="600"]Bewonderaars skryf hul afskeidbriefies vir George Michael in die stof op sy Range Rover, buite sy huis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp Bewonderaars skryf hul afskeidbriefies vir George Michael in die stof op sy Range Rover, buite sy huis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp[/caption]

“Die buitekant van die huis is ook oortrek met kerse, blomme en plate (met sy musiek).”

[caption id="attachment_152549" align="alignnone" width="600"]Die buitekant van wyle George Michael se huis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp Die buitekant van wyle George Michael se huis in Oxfordshire, Engeland. Foto: Ian Bredenkamp[/caption]

“In sulke oomblikke besef jy net hoe groot hy was in Engeland. Ek kon Maandag nie ’n radiostasie vind wat nie besig was om sy musiek te speel nie.”

[caption id="attachment_152550" align="alignnone" width="600"]Foto: Ian Bredenkamp Foto: Ian Bredenkamp[/caption]