[caption id="attachment_125630" align="alignnone" width="600"]Riaan en Vasti op 'n vorige avontuur. Foto: riaanmanser.co.za Riaan en Vasti op 'n vorige avontuur. Foto: riaanmanser.co.za[/caption]

Huisgenoot sal daar wees wanneer die ontdekker en prokureur Saterdag in die Kaap ewige trou aan mekaar beloof. Boonop kan ons vandag eksklusief onthul hul wittebrood gaan nes hul jare lange verhouding allesbehalwe voorspelbaar wees: Riaan (42) en Vasti (38) beplan om van San Francisco na Hawaii roei.

Na verwagting sal die twee die byna 4 000 km in vyf tot ses weke aflê voor hulle twee weke lank by die eksotiese bestemming aan mengeldrankies gaan teug. Hulle beplan om die seile vroeg Junie te span.

Volgens Riaan en Vasti het hulle skynbaar vergeet hoe uitmergelend dit was toe hulle op ’n boot van Marokko tot by die Groot Appel geroei het. Ses maande en 10 765 km ná hul vertrek op 30 Desember 2013 het Vasti aan Rapport gesê sy sou die ekspedisie nooit aangepak het as sy geweet het hoe taai dit sou wees nie. Lees ook: Avonturier Riaan Manser se Vasti beleef teëspoed tydens Cape Epic “Gelukkig haal die troue ons fokus af van wat op ons wag,” het Riaan gesê toe die paartjie op 12 Mei by die spoggerige Sun International-hotel The Maslow in Sandton, Johannesburg, bekendmaak wat hul wittebrood behels. Hy weet nog nie hoe hulle alles vir hul groot dag gaan klaarkry nie. Vasti beaam dit was ’n baie besige week. “Ek het verjaar, my kombuistee gehou, vandag stel ons ons wittebroodekspedisie bekend en Saterdag trou ek!” het sy amper uitasem vertel.

A photo posted by CNN Africa (@cnnafrica) on

Deur die jare het die twee se lewensverhaal mense se verbeelding aangegryp. Riaan was die eerste avonturier om met ’n fiets om Afrika te ry en met ’n kajak om Madagaskar en Ysland te seil. Vasti, wat Riaan in 1999 ontmoet het, sou egter eers in 2013 uitvind in watter lewensgevaar haar geliefde hom so gereeld bevind toe hy vir haar New York gaan “wys”.

A video posted by RM Adventure (@rm_adventure) on

En nou gaan hy haar Hawaii “wys”, lag sy. “Dis soos om die Comrades te hardloop; agterna sê jy: ‘Nooit weer nie!’” Maar toe sy die geleentheid kry om weer oor ’n oseaan te reis, moes sy dit eenvoudig aangryp. Riaan glo daardie eerste ekspedisie het hulle nie net vir die volgende reis voorberei nie, maar ook vir die huwelik.

Hulle onthou hulle het in ’n stadium tydens dié vorige ekspedisie oor hemelhoë branders drie dae lank nie met mekaar gepraat nie. “Dis klein goedjies wat opbou en dan ontplof jy!”

Riaan het almal daaraan herinner as ’n mens saam op ’n boot vasgekeer is, kan jy nêrens heen vlug nie. “’n Mens vergeet al hoe julle gestry het,” het hy geskerts.

Tog het Vasti duidelik besluit sy sien kans vir nog ’n avontuur op die oop see – en ’n lewe saam met die man van haar drome.

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Dapper agtjarige tog te bekkig ná lewensgevaarlike groeisel uit haar brein gesny is

Ontstoke ma skryf ope brief aan skoonma’s

Kyk: Reuse-motorfietshandelsnaam kies koers lug toe…en vervaardig vliegtuie!

Ontstoke trougas ontvang e-pos van pasgetroudes oor kontantgeskenk kwansuis ‘te min’ was

‘Ek was reusagtig en het gevoel of ek stadige dood sterf,’ sê vrou wie se eks haar voer