Die All Blacks-senter en flank Sonny Bill Williams het oor die naweek sy en sy vrou Alana Raffie se tweede dogter verwelkom. Sonny het Saterdag die goeie nuus op Twitter gedeel met ’n foto. Op die foto hou ’n kaalbolyf Sonny die nuutste toevoeging tot hul gesin teen sy bors vas.  

Die klein bondeltjie heet Aisha.

Hy verklap ook die geboorte was nie maklik nie. “Ons geskenk van die hoogste het met ’n moeilike geboorte in die wêreld gekom, maar alhamdulillah (prys god) ná ’n lang aand verbeter sy,” skryf hy.

Sonny en Alana is in 2013 getroud en in 2014 het hulle hul eerste dogtertjie, Imaan, verwelkom.

[caption id="attachment_151472" align="alignnone" width="600"]Foto: Twitter / Alana Williams Foto: Twitter / Alana Williams[/caption]

Bronne: dailymail.co.uk, twitter, dailytelegraph.com.au