Onbevestigde berigte dui op die moontlikheid dat selfdood nie uitgesluit kan word nie. Sinead het in November 2015 mediese behandeling ondergaan nadat sy ’n opspraakwekkende en woedende selfdoodnota aan haar familie geskryf het.

In die nota beskuldig sy haar familie daarvan dat hulle “kinderstelende moordenaars” is.

Sinead (49) is baie openlik oor haar stryd teen depressie en het ook in sosiale media om hulp gesmeek.

Sy is glo die laaste keer gesien toe sy Sondag met ’n gemotoriseerde fiets met ’n pienk mandjie in die Wilmette-gebied, ’n noordelike voorstad van Chicago, gaan ry het.

Drie uur nadat sy verdwyn het, is daar ’n onsamehangende inskrywing op haar Facebookblad gemaak. Jake is haar seun.

Sy het ook hierdie kunswerk op kort voor die boodskap op Facebook gedeel.

Screen Shot 2016-05-16 at 19.26.54

Die beeld, ’n werk deur Celeste Roberge getiteld “Rising Cairn” het die afgelope weke na die afsterwe van verskeie glansmense die simbool van hartseer vir aanhangers geword.

Een van haar grootste treffers nog was Nothing Compares 2 U, wat deur Prince geskryf is.

Verlede week het Sinead weer die wenkbroue gelig toe sy beweer het dat die Amerikaanse komediant Arsenio Hall dwelms aan Prince verskaf het. Arsenio het dit intussen as die grootste klomp bog afgemaak en ’n saak van laster teen haar aanhangig gemaak.

Sinead het geweldige reaksie ontlok toe sy in 1992 ’n foto van Pous John Paul II tydens ’n regstreekse beeldsending opgeskeur het. Sy het haar nog altyd baie sterk teen die Katolieke Kerk en hul hantering van ’n kindermishandelingskandaal uitgespreek.

Bronne: bbc.com, tmz.com, usatoday.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Buffels tref motor met ’n reuseslag toe leeus op trop jag maak

Kovsies maak skokaankondiging rakende hul rektor, prof. Jonathan Jansen

Christopher Panayiotou terug in hof ná nuwe feite glo aan die lig kom

Tweede verdagte in Winnie Rust-moordsaak vasgetrek

Voormalige Mej. SA oorleef gru-ongeluk