Hoe rooier, hoe mooier! So lui die bekende sêding mos.

En dit lyk asof die plaaslike aktrise Rolanda Marais omtrent dié raad kop toe gevat het.

Die aktrise, wat mense aan die gons het met haar goeie vertolking in die fliek Johnny Is Nie Dood Nie, het deesdae ’n splinternuwe kapsel.

 

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Haar hare is nog korter gesny en bloedrooi gekleur vir ’n nuwe filmrol, het Rolanda op Instagram verklap. “My hare was nog nooit so kort nie. Ek dink ek hou ’n bietjie te veel daarvan en het ’n nuwe bril nodig om daarby te pas,” het sy geskryf. Haar nuwe kapsel is vir die rolprent Die Seemeeu, waarin sy eersdaags te sien is. Die film is gegrond op die toneelstuk deur Anton Tsjechof en word deur die bekroonde Christiaan Olwagen vervaardig.

When everything on set matches your wardrobe ... even the flowers #dieseemeeufilm

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

Dit lyk asof bloedrooi ’n vuurwarm nuwe gier is, want Aletté Winckler, stylghoeroe en vrou van die plaaslike sanger Heinz Winckler, het ook onlangs haar blonde lokke vir ’n rooi kapsel verruil.

I really DO love it!#redhair #hairstyles #haircolor #stylist

A post shared by Alette-Johanni Winckler (@alettewinckler) on