Nes die twee mans is hul seuns ook groot pelle.

Chistean, Morne, Milan, Luka, Arno en Jovan. Foto: Verskaf

Morné en sy vrou, Christelle, het die afgelope naweek vir hul twee seuntjies, Jóvan (amper 5) en Christean (amper 2), ’n verjaardagpartytjie met ’n rugbytema in Bloemfontein gehou.

Luka en Christean. Foto: Arno Jordaan.

Natuurlik was Arno en sy vrou, Lizanie, saam met hul twee seuns, Milan (3) en Luka (9 maande), ook daar.

Jovan en Milan glimlag al te lekker vir die kamera. Foto: Arno Jordaan

Arno en Lizanie is immers Jóvan en Christean se peetouers. Kyk ’n mens na die oulike foto’s van Arno en Morné saam met hul seuntjies, is dit duidelik dat almal heerlik met die rugbybal gejol het.

Luka is ’n kranige rugby-aanhanger. Foto: Arno Jordaan

Met Vadersdag om die draai het die kiekies ons harte vermurwe.