Die rapper Jay-Z beplan glo om sowat R27 miljoen vir ’n privaat eiland op te dok.

Die 99 Problems-sanger wil glo ’n eiland in die Bahamas se Noord-Abako-gebied koop sodat hy en sy gesin in vrede kan vakansie hou, berig Nuus24.com.

Jay-Z is getroud met die sangeres Beyoncé. Die paartjie het ’n 15 maande oue dogter, Blue Ivy.

“Hy koop dit gedeeltelik om die paartjie se vyfde huweliksherdenking te vier, maar ook omdat dit vir hulle onmoontlik raak om normale goed te doen, soos om strand toe te gaan saam met Blue Ivy,” sê ‘n bron aan The Sun.