A photo posted by Mila Kunis (@milakunis______) on

Luidens berigte verwag Mila Kunis en Ashton Kutcher ’n seun. En hul dogtertjie, wat op 1 Oktober vanjaar twee jaar oud word, kan glo binnekort ’n bababoetie kry, volgens bronne van Life & Style.
“Mila en Ashton kan nie gelukkiger wees nie,” het ’n ingeligte aan die publikasie gesê. “Al het hulle vir almal gesê hulle sal tevrede wees met nog ’n dogter, het hulle albei eintlik vir ’n seun gehoop.”

A photo posted by Ashton Kutcher (@aplusk) on

Die twee het nie die verwagte geboortedatum bekendgemaak nie, maar dit kom nader en baie geskenke is al by die egpaar se huis afgelewer. “Ashton se ma het ’n blou kombers en blou groeipakkies gestuur,” het die bron gesê. “Hulle het die babakamer met tegno-vriendelike speelgoed en toestelle gevul en hulle het onlangs die Barnett Lil' Banshee Target-boogskietstel gekry om by hul versameling speelgoed te voeg.” Maar, soos sy ousus, gaan die baba nie tot in die afgrond bederf word nie. Mila en Ashton wil hê hul kinders moet die waarde van geld besef sodat hul bevoorregte opvoeding hulle nie ’n gevoel van aanspraak gee nie.

A photo posted by Mila Kunis (@milakunis______) on

Die Ted-ster en Ashton kom albei uit ’n nederige agtergrond en hulle hoop hulle kan hul kinders grootmaak om waarderend te wees ten spyte van hul Hollywood-leefstyl.

A photo posted by Mila Kunis (@milakunis______) on

“Die een gespreksonderwerp wat ons gehad het nog voor ons ooit kinders gehad het, was altyd: Hoe maak jy ’n kind groot om nie ’n sot te wees nie?” het Mila onlangs op die The Kyle and Jackie O Show gesê. “En dis so belangrik, want ons albei . . . het baie arm grootgeword en is selfgemaak, en is baie bewus van wat geld werd is. Niks het in ons skoot geval nie.”

© Cover Media