Die tweeling, Ella en Alexander, word as gesond en gelukkig beskryf.

“George is onder verdowing en sal binne ’n paar dae herstel,” het die nuwe pa buite sy vel in ’n verklaring gesê.

George se jarelange vriend, Matt Damon, het aan Entertainment Tonight in Kanada vertel toe hy die nuus van Amal se swangerskap gehoor het: “Ek het verlede herfs saam met hom gewerk en hy het my op die stel eenkant toe getrek en ek bedoel, ek het amper in trane uitgebars, ek was so gelukkig vir sy part.”

George en Amal is in 2014 in Italië getroud.

“Ek is ’n baie gelukkige man,” het hy verlede jaar aan die Britse tydskrif Hello! gesê. “Ek het die vrou ontmoet met wie ek so graag wil trou en geluk het beslis ’n groot rol daarin gespeel.

“Ek glo geluk kom en gaan in jou lewe – geen mens beleef net hoogtepunte nie, ons gaan almal ook deur laagtepunte. Ek het dus oor die jare geleer om die goeie tye te waardeer en om aandag daaraan te skenk en dit te vier.”