Die seuntjie heet Bear Payne en is op 22 Maart gebore.

Volgens The Sun wou dié paartjie eers tyd deurbring saam met hul kleinding voor hulle ’n naam kies. “Hulle het die kleinding ’n week lank beter leer ken. Hulle het nie die naam Bear voor sy geboorte gehad nie,” vertel ’n bron na aan die paartjie aan The Sun. “Hulle voel net dat dié naam by hom pas. Hulle is so lief vir klein Bear en is rêrig mal daaroor om vir die eerste keer saam ouers te wees,” vertel die bron verder. Liam het ’n paar dae ná Bear se geboorte op Instagram geskryf hoe trots hy op Cheryl is.

“Sy het rêrig al my drome waar laat word,” skryf hy op Instagram.

Die paartjie is reeds al vir meer as ’n jaar saam.

Bronne: TheSun.co.uk, Telegraph.co.uk, NYDailynews.com