robenchynatwee

Die werklikheidstelevisiesterre het in Januarie 2016 begin uitgaan en in April verloof geraak. Blac Chyna, ’n model, het in Mei bekendgemaak sy verwag en klein Dream is in November gebore.

Rob en Chyna was in Desember vir ’n rukkie uitmekaar, maar dit klink of dit nou finaal verby is tussen hulle.

“Hulle het ’n ruk gelede uitgemaak. Die trouplanne is afgestel,” het ’n bron na aan Rob aan people.com gesê. “Albei probeer volwasse wees daaroor. Dit was egter hierdie keer minder dramaties.” Toe die twee in Desember uitmaak, het Rob en Chyna hul sosialemediaprofiele gebruik om inligting daaroor bekend te maak. Chyna het haar volgers op Instagram vertel sy het Rob gelos en Dream saam met haar geneem. Sy het ook daarop gesinspeel dat hy dalk verantwoordelik was vir ’n kuberkraakaanval waartydens haar privaat sosialemediaboodskappe uitgelek is. Rob het aanvanklik net gesê hy “kan nie glo sy het my op hierdie manier seergemaak nie”, maar later op Instagram verskoning gevra vir sy gedrag. Hy het ook vir aanhangers gesê hy is vasbeslote om professionele hulp te kry sodat hy die verhouding kan herstel. Sy probleme is glo die hoofrede hoekom Chyna hul romanse wou beëindig. “Sy is keelvol; sy dink Rob is te emosioneel en depressief. Sy dink hy het ernstige probleme,” het die bron aan People gesê. “Hy sukkel alewig met onsekerhede en is onstabiel. Dis iets wat haar afsit en sy dink dis ongesond vir die baba en hul gesin.”

2 month Check up with Dream , Daddy, and I ! ??

A post shared by Blac Chyna (@blacchyna) on

Die twee probeer nou glo aangaan met hul lewe. Hulle woon na bewering nie meer saam nie. “Chyna hou Rob op ’n afstand van haar en die baba.”

Cover Media