Die 19-jarige aktrise en Victoria en David Beckham se seun (17) het in Mei vanjaar bevestig hulle is saam nadat hulle luidens berigte die afgelope twee jaar aan en af uitgegaan het.

Volgens Page Six, die New York Post se skinderrubriek, het die twee se paadjies nou finaal geskei. “Brooklyn is terug in Londen nadat hy en Chloë uitmekaar is,” het ’n bron aan die koerant verklap.

Die tiener is Dinsdag op pad na ’n skaatspark in die Britse hoofstad opgemerk; hy het iesegrimmig gelyk.

Hy is terug in sy geboortestad nadat hy die somer saam met Chloë in Los Angeles deurgebring het.

Lees ook: Nóg ’n bekende paartjie dalk eersdaags voor die kansel

Hoewel albei die afgelope paar weke in die stad was, het die twee na bewering geen tyd saam deurgebring nie. Voorheen het Chloë en Brooklyn dikwels oulike, liefdevolle foto’s van hulle twee op hul sosialemedia-blaaie gedeel, maar die afgelope twee weke het hulle geen foto’s van mekaar geplaas nie.

Chloë het in Mei tydens ’n onderhoud op die Amerikaanse geselsprogram Watch What Happens Live onthul sy en Brooklyn gaan amptelik uit. Ná die opskudding oor die nuus het die aktrise gesê sy is verstom oor “die getal mense wat werklik omgee.

Ek dink almal soek die nuwe ‘dit’-paartjie. Die ding met my en hom (Brooklyn) is dat ons albei werklike betrekkings en verwagtinge het. Ek glo nie jy sien dit alte dikwels nie,” het sy aan WWD.com gesê.

Lees ook: Chloë Moretz en Brooklyn Beckham is ’n paartjie!

“Jy sien hope giere en jy sien baie mense wat ter wille van die roem allerhande dinge doen. Ons is net die teenoorgestelde. Ons geniet mekaar se geselskap werklik baie, ons ken mekaar al jare en die enigste rede waarom ons dit doen, is omdat ons bymekaar wil wees.”

Nadat hul amptelike verhouding openbaar gemaak is, is Brooklyn per straler Los Angeles toe, waar hy en die blondekop onder meer die People’s Choice-prysaand bygewoon het. WENN het Chloë en Brooklyn se verteenwoordigers genader vir kommentaar oor die gerug dat hulle uitmekaar is.

© Cover Media