Verward? Toemaar, jy’s nie al nie. Die Britse media is verbied om die name van die bekende paartjie te publiseer, net bekend as “PJS” en “YMA” in hofdokumente nadat die lewensmaat wat nie betrokke was nie (YMA), die man hof toe gesleep het wat uitgepraat het oor PJS se ontrou.

Die man het vertel hy en die skatryk ster se lewensmaat het in 2009 vir mekaar begin boodskappe stuur wat eindelik tot ’n groepswoeps met ’n ander persoon gelei het.

PJS en YMA, wat glo bewus is van sy lewensmaat se buitemuurse aktiwiteite, het kinders saam. Die man sê hy was “aangetrokke tot die glansrykheid van daardie leefstyl”.

Maar nadat hy en die ander persoon die inligting oor hul sekskapades met PJS vroeër vanjaar wou bekendmaak, het ’n Britse hooggeregshof ’n aansoek om ’n privaatheidsbevel afgekeur “omdat PJS se ontrouheid sy openbare uitbeelding van sy toewyding aan sy huwelik weerspreek”, berig Mail Online.

Lees ook: Paris Jackson kry pragtige tatoe as huldeblyk aan haar pa

Die bekende paartjie is kort daarna appèlhof toe waar in hul guns beslis is. Regter Rupert Jackson het gesê die onthullings sou ’n mediastorm ontketen en skadelik vir die kinders wees. Dit sou “verpletterend vir die eiser” wees en die behoefte aan privaatheid weeg swaarder as die reg om te publiseer. Hy het bygevoeg dat die paartjie ’n “oop verhouding” het.

Die beslissing het nie die storm gekeer wat daarna op sosiale media losgebars het nie.

Nadat ’n Amerikaanse publikasie die paartjie geïdentifiseer het, het die nuus soos ’n veldbrand op Twitter versprei. En ten spyte daarvan dat die Britse media nie hul name mag publiseer nie, is die storie twee dae lank op die voorblaaie verkondig.

Die man in die middel van die drama het aan The Sun on Sunday gesê hy voel “afgeknou en geteister” deur die ster.

“Ons is gedreig met meineed, minagting van die hof en tronkstraf – alles omdat ons die waarheid gepraat het. Ons kry eindelose oproepe en e-posse van die ster se prokureurs en daar was selfs ’n dreigende brief wat per hand by ons deur afgelewer is,” vertel die man.

Lees ook: ‘Suid-Afrika is soos die ma wat my weggegooi het,’ sê Charlize “Die beroemde paartjie ontken nie dit het gebeur nie, maar het die howe gebruik om te verdoesel wat hy gedoen het op ’n manier wat dit nie gebruik moes word nie. Ons is normale mense en het nou onophoudelike probleme en dreigemente wat ons kant toe kom. Wat van ons menseregte en vryheid van uitdrukking? “Dit gaan nie meer net oor hierdie storie nie – dis ’n groter kwessie; en mense soos hulle behoort nie die howe te kan gebruik om hierdie goed te keer net omdat hulle hope geld het nie. Die hele affêre is net belaglik.” Dis beslis die geval op Twitter waar gebruikers die sosiale netwerk gebruik het om draak te steek met die jaar se swaks bewaarde geheim onder die sterre.

Bronne: The Sun, MailOnline, The Mirror, The Telegraph

Ander stories op Huisgenoot.com:

Gateway to Space: Die Uitstalling word verskeep!

Kyk: Dis ‘Vive la France’ én ’n nuwe musiekvideo vir Francois van Coke!

Wonderlike nuus vir Republiek van Zoid Afrika-aanhangers

Kyk: Ray Dylan en Karen Zoid laat Jessica herleef

‘Ek sien so baie uit!’: Desiré Gardner verklap naam, geslag van nuwe kleinding