E! News berig Kim Kardashian West en Kanye West het besluit om nog ’n pienkvoet te hê. Kimye, soos die egpaar saam bekendstaan, het reeds twee kinders, North (4) en Saint West(18 maande).

Kim (36) ly aan 'n toestand waar die plasenta met buitengewone verklewing (vergroeiing) aan die uteruswand vasgroei; ’n derde swangerskap kan dus groot gevaar inhou vir die werklikheids-TV-ster.

Ná vele toetse en doktersbesoeke het die egpaar besluit om ’n surrogaat-agentskap te nader.

Happy Birthday babe I love you so much! You inspire me every day to be a better person! I'm so grateful for you ??

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

“Ek kry elke mediese kwaal wat jy tydens swangerskap kan kry en bekommer my soveel daaroor,” het Kim aan E!News vertel.

Terwyl die donkerkop North verwag het, is pre-eklampsie by haar gediagnoseer en moes sy op 34 weke kraam.

Sy het ook gesê sy het nie gedink sy sou daarna weer swanger raak nie.

“Ek het ’n uiters ellendige tyd gehad terwyl ek Saint verwag het. Dit was my ervaring; ek gaan nie voorgee dit was nie so nie.”

Kim het ook gesê sy en swangerskap is nie maats nie.

In April het sy in ’n episode van die werklikheidsprogram Keeping Up with the Kardashians aan haar suster Kourtney Kardashian, 'n ma van vier, gesê sy het altyd geweet surrogaatskap is ’n opsie, maar nooit gedink dis 'n realistiese moontlikheid nie.

“Nadat ek met Kanye gepraat het, oorweeg ek dit ál meer. Dit is hoe dit nou is; vir my is surrogaatskap die enigste ander opsie.”Nie Kim of Kanye (40) het al in die openbaar op die nuus gereageer nie.

Bronne: E!News, Metro.co.uk