Sy vrou is ook dood en hul drie maande oue dogtertjie is ernstig beseer. Sy word in die Montpellier-hospitaal behandel.

Luidens berigte uit Frankryk was die gesin se motor en ’n bus omstreeks 04:30 naby die dorp Beziers in die suidelike streek van Herault in ’n botsing betrokke.

Die motor het glo onverklaarbaar tot stilstand gekom en is deur die bus getref, het die Daily Mail berig.

Collins (34), wat deur Australië se Daily Telegraph as “een van die mees gevreesde rugbyspelers van die moderne era” beskryf is, het tussen 2001 en 2007 in 48 toetse vir die All Blacks gespeel. Hy het ook in 85 wedstryde vir die Hurricanes en in 47 vir Wellington uitgedraf.

Hy het weens sy brutale verdediging ’n reputasie gehad as een van die hardste spelers in rugby, luidens die Daily Telegraph.

Collins het onder meer in die vroeë 2000’s ’n groot rol gespeel in Nieu-Seeland se oorheersing oor Australië in kragmetings om die Bledisloe-beker.

Hy het ná die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 2007 by die Franse klub Toulon aangesluit. Van 2009 tot 2011 het hy die Walliese klub Ospreys verteenwoordig en het van 2011 tot 2013 vir die Japanse klub Yamaha Jubilo gespeel.

Vanjaar het hy vir die Franse klub Narbonne gespeel

Bron: News24