Michelle Gildenhuys

Die Adams-huishouding is deesdae bedrywig verby, veral met die dat die gewilde sanger en TV-aanbieder Emo Adams en sy vrou, Michelle Gildenhuys, onlangs weer ouers geraak het.

Maar hoewel Michelle oorstelp is van vreugde oor haar klein bondeltjie liefde, het sy ook oor die naweek in ’n roerende Facebook-inskrywing meer lig gewerp op haar reis om haar jongste seun, wat nou twee weke oud is, te borsvoed.

“Voor die jongste toevoeging tot ons gesin gebore is, was ek onseker oor borsvoeding,” vertel Michelle, wie se oudste seun, Kadar Zayn, in Julie vanjaar twee jaar oud word.

“Ek het gesukkel om te borsvoed met my eerste kind en het dit ’n doodgewone probeerslag gegee, om eerlik te wees. Toe ontmoet ek my 2,99 kg klein mensie en besluit net daar dit maak nie saak wat dit verg nie, ek gaan hom borsvoed,” vertel sy verder.

Maar niks wat wat sy probeer het, het gehelp nie.

Lees hier haar dapper verhaal.

Rolene Strauss Intussen het Rolene, SA se voormalige Mej. Wêreld, ook op Instagram vertel dat iets wat sy geëet het haar jong seuntjie onophoudelik laat huil het. “That unbearable disappointment in your own motherly instinct when you realise that something you’ve eaten is the reason for your baby’s endless crying… Expressing like crazy to get it all out of my system! #Motherhood” het sy op Instagram geskryf.

Een van die tientalle simpatieke reaksies was van ’n aanhanger wat haar ervaring gedeel het oor hoe sy eenkeer brandrissie-neute geëet het en byna in ongevalle beland het met haar seunskind.

’n Ander het raad gegee. Lerika Kleinhans het voorgestel Rolene drink groentee en baie water. “Soos hy ouer word en sy spysverteringstelsel versterk, sal hy nie sensitief wees vir enigiets wat jy eet nie. My seun is amper vyf maande en dinge is baie makliker as op 12 weke. Moenie hard wees op jouself nie,” het sy geskryf.

Dit is nie duidelik wat Rolene geëet het wat toe die reaksie by haar seun veroorsaak het nie.