Fliekveteraan Debbie Reynolds het ’n dag ná haar dogter, die aktrise Carrie Fisher, se dood gesterf.

Lees ook: 2016 amptelik die dodelikste jaar nóg vir bekendes – maar waarom? Hollywood het vinnig gereageer op die nuus dat sy so gou ná haar dogter se dood in die hospitaal opgeneem is. William Shatner en Mia Farrow was van die eerstes wat Debbie sterkte toegewens het. William het getwiet: "Ek het gehoor van Debbie Reynolds. Kom ons bid dit is niks ernstig nie,” en Mia het bygevoeg: “Geen woorde nie liewe Debbie – net liefde – al die liefde.”

Debbie is na ’n nabye hospitaal se ongevalle eenheid geneem, waar haar toestand volgens TMZ as “matig tot ernstig” beskryf is. Die fliekreus se publisiteitsbeampte het nie gereageer op versoeke vir kommentaar nie, maar die aktrise Joely Fisher, die dogter van die 84-jarige se vorige man Eddie Fisher, het saam met ’n foto van haar en Debbie getwiet: "God speed mama."
Debbie is in 1959 van Eddie geskei nadat hy ’n buite-egtelike verhouding met Elizabeth Taylor aangeknoop het en is daarna onderskeidelik met Harry Karl en Richard Hamlett getroud.

Benewens Debbie se Singin’ in the Rain-vertoning saam met die legendariese akteur Gene Kelly het sy ook in Tammy & the Bachelor, How The West Was Won en The Bodyguard gespeel. Sy het ook haar eie televisiereeks, The Debbie Reynolds Show, gehad wat van 1969 tot 1970 op die kassie was.

Mary Frances Reynolds is gebore in El Paso, Texas, en het die vermaaklikheidsbedryf betree in die jeugdige ouderdom van 16 toe sy ’n skoonheidskompetisie gewen het en haar by MGM aangesluit het. Haar loopbaan het daarna vlerke gekry en sy het in die 1950’s ’n reeks sleutelrolle in musiekblyspelrolprente vertolk. Debbie se loopbaan het in 1964 ’n welverdiende pluimpie gekry toe sy vir haar vertoning in The Unsinkable Molly Brown ’n Oscar-nominasie gekry het. Debbie was ook veral bekend vir die Hollywood memorabilia wat sy versamel het en in haar talle museums en ander stoorplekke geberg is. In meer onlangse jare het sy van hierdie items opgeveil wat onder meer die skoene wat Judy Garland as Dorothy in The Wizard of Oz gedra het.

So reageer die wêreld op die hartseer nuus

– Cover Media