[caption id="attachment_152770" align="alignnone" width="600"]Foto: Cover Media Foto: Cover Media[/caption]
Susan Sarandon se dogter het in ’n hartverskeurende Nuwejaars-blog onthul dat die oppaster aan die slaap geraak het terwyl sy klein Major James vasgehou het. Hy het toe van haar skoot afgeval.
Eva het verduidelik die voorval het einde November verlede jaar plaasgevind, maar sy kon nou eers, nadat terapiesessies haar gehelp het om haar emosies te verwerk, die moed bymekaarskraap om daaroor te skryf. Lees ook: Uiters tragiese nuus vir Susan Sarandon Baie ander ma’s het hul ondersteuning aangebied en sy het hulle Maandag op Instagram in ’n opvolgverklaring as volg bedank: “Dit is so hartroerend om te weet daar is so baie van julle wat ons pragtige seuntjie die beste toewens, en wat ons as gesin aanmoedig.”

Thank you from the bottom of my heart to everyone who has reached out with words of comfort or to share their own stories the past 24 hours. It is so moving to know there are so many of you who are wishing our sweet boy well, and who are rooting us on as a family. I'd like to say one thing, which is that Parenthood is not a competition. Nobody gets an award at the end of all of it for doing it the best or most perfect way. All that matters is how we make our children feel, how we feel about them, and how we feel about ourselves as parents. To those who have expressed judgement, cruelty, and criticism of me, my choices, or my fragility during this time- I'm not going to justify myself to you. But I sincerely wish that 2017 brings you enough self love and confidence that you no longer feel the need to tear down another person during their darkest moment. ???? Peace, please. Xx EAM

A photo posted by HAPPILY EVA AFTER (@thehappilyeva) on

Maar baie meer mense het die ster van Saved aangeval omdat sy ’n verpleegster gehuur het om na haar babaseuntjie en sy ouer sussie om te sien terwyl sy en haar man geslaap het. "Ouerskap is nie ’n kompetisie nie,” het sy geskryf. Lees ook: George Michael se lewensmaat reageer op selfdood-twiets wat storm ontketen

“Niemand word op die ou end beloon omdat hy/sy dit op die beste of mees volmaakte manier gedoen het nie. Al wat saak maak, is hoe ons ons kinders laat voel, hoe ons oor hulle voel en hoe ons oor onsself as ouers voel.

“Aan dié van julle wat oordeel, wrede woorde en kritiek oor my, my keuses of my broosheid in hierdie tyd uitgespreek het – ek gaan my beslis nie teenoor julle regverdig nie. Ek wens wel van harte dat 2017 vir julle genoeg selfliefde en selfvertroue bring sodat julle dit nie langer nodig vind om ’n ander mens in haar donkerste ure af te kraak nie.”

Cover Media