’n Amerikaner het op ’n hamburger afgekom wat hy sowat 14 jaar gelede gekoop het – en dit lyk nog net dieselfde as die dag in 1999 toe hy dit by McDonald’s bestel het.

David Whipple het die hamburger in sy paneelwa gekry, nog toegedraai in die oorspronklike verpakking met die strokie daarby. Tot Whipple se verbasing het die hamburger nie gemuf, verouder of sleg geword nie.

“Ek was stomgeslaan toe ek die pakkie oopmaak en die hamburger lyk of dit glad nie verouder het nie. Dit lyk nog net dieselfde as die dag toe ek dit gekoop het,” het Whipple (63) op die Amerikaanse gesondheidsprogram The Doctors gesê.

Hy gaan die hamburger bêre sodat hy eendag sy kleinkinders kan wys hoe ongesond kitskos is.

-Bang Showbizz