Katherine Heigl (37), wat in Suid-Afrika veral bekendheid verwerf het vir haar rol in die TV-reeks Grey’s Anatomy, het Donderdag die blye nuus dat daar ’n seuntjie aan’t kom is, bevestig.

Katherine en haar sanger-liediekrywerman, Josh Kelley, het reeds ’n kroos van twee: Naleigh Moon (7) en Adalaide Marie Hope (4) wat deur die paartjie aangeneem is.
Hulle het Naleigh aangeneem toe sy nege maande oud was en en vir Adalaide in 2012.
Sy het in die verlede bekend gemaak dat sy altyd voorsien het dat sy kinders sal aanneem. Haar ouers het haar suster, Meg, drie jaar voor haar geboorte vanuit Korea aangeneem.

Tydens ’n onderhoud in 2015 het Katherine gesels oor daardie biologiese klok wat klingel en of sy nog kinders sou wou hê.

Katherine sê sy en Josh, met wie sy agt jaar getroud is, het reeds voor hul verlowing oor aanneming gepraat. Sy wou haar eie familie vind wat herinner aan haar grootwordjare, vandaar die begeerte om kinders uit Korea aan te neem.

“Ek wil net ’n ma wees,” het die ster, wat altyd nog ’n groot gesin wou hê, gesê.

Bronne: peoplemagazine.com, usamagazine.com, eonline.com, youtube.com