Die Now You See Me-ster en sy jarelange liefde is Maandagoggend met hul nuwe bondeltjie vreugde in die stad New York sien rondstap.

Bronne het aan E! News gesê die baba is ’n seun, maar die paartjie wat daarvoor bekend is dat hulle baie privaat is, het nog nie verdere besonderhede oor die kind se naam, geboortedatum en gewig onthul nie.

Jesse (33) en die liefdadigheidswerker was in ’n aan-af-verhouding voor sy swanger geraak het maande nadat hulle hul verhouding in Januarie verlede jaar hervat het. Hulle het in 2002 begin uitgaan voor hulle in 2012 uitgemaak het.

Jesse is aan sy The Double-medester Mia Wasikowska romanties verbind in die vier jaar dat hy en Anna uitmekaar was, maar die voormalige liefies het skynbaar steeds ’n sterk band gehad en is dikwels in restaurante en op lughawens saam gekiek in die tyd dat hulle kwansuis uitmekaar was.

Jesse hou sy persoonlike lewe privaat, maar het in ’n seldsame openhartige oomblik in ’n onderhoud in 2011 met die tydskrif Seventeen erken Anna is die enigste vrou met wie hy nog ’n ernstige, toegewyde verhouding gehad het.

Toe hy om raad oor romanses gevra word, het die akteur skamerig gesê: “O, hemel, ek weet nie, wees net gaaf! Ek het een meisie in my hele lewe gehad. Ek het nie goeie raad nie!”

Hy het ook geskimp Anna se toewyding om die samelewing te verbeter het hom langer as ’n dekade aan haar toegewy gehou, en bygevoeg: “Ek vind mense wat ander mense wil help die interessantste. Ek kom uit ’n familie van onderwysers en my vriende is onderwysers, dikwels in baie moeilike skoolsituasies. My werk is so selfsugtig en op my eie ydelheid ingestel dat ek my graag omring met mense wat in werklikheid deur hul dag mense help.”

© Cover Media