Ons het lank gewag vir die aankondiging en gehoop die koninklike baba sal ’n naam kry wat, wel, ’n bietjie minder vervelig is! Sedert die baba se naam, George Alexander Louis, by die Kensington-paleis bekendgemaak is, het ons al baie van die klein koninklike gehoor. Maar, kom ons laat die koninklike familie en klein GAL (kortweg) ’n bietjie eenkant en kyk: Met wie deel die baba sy naam?

  1. Musikant George Michael. Hy het bekendgeraak as ’n lid van die 80’s se sangpaar Wham! Daarna het ’n suksesvolle sololoopbaan gevolg.
  2. Eerste Amerikaanse president George Washington.
  3. Oscar-wenner en akteur George Clooney. ’n Hardkoppige Hollywoodse hartebreker wat nie wil trou nie.
  4. Verhoogkomediant George Lopez. Bekendste om sy gewilde TV-vertoning George Lopez.
  5. Voormalige Amerikaanse presidente George W. Bush  en sy pa.
  6. Ryan Gosling se hond word ook George Gosling genoem.
  7. Romanskrywer en joernalis George Orwell. Onthou jy sy boek Animal Farm?
  8. Akteur George Takei, veral bekend om sy rol as Hikaru Sulu in Star Trek.
  9. Entrepreneur George Foreman. Hy is ook ’n afgetrede Amerikaanse beroepsbokser, ’n gewese swaargewig-wêreldkampioen en ’n Olimpiese gouemedaljewenner, Baptiste-predikant en skrywer. Hy is ook bekend om sy uitvinding, die “lean-mean-fat-grilling machine”.
  10. Kinderliedjie-stouter Georgie Porgie.
  11. Lid van die Beatles George Harrison.
  12. Akteur George Hamilton. Die bruiner-as-sonbruin man is veral bekend om sy rolle in Zorro: The Gay Blade en Evel Knievel.

- Faiza Mallick

Bron: celebuzz.com