Jenson was net 20 jaar oud toe hy in 2000 sy F1-debuut gemaak het. Sondag se Grand Prix op die Abu Dhabi-renbaan sal sy 305de ren in dié kategorie wees. Net Rubens Barrichello (322) en Michael Schumacher (306) het aan meer deelgeneem as hy.

A photo posted by TrackF1 (@trackf1) on

Jenson was in 2009 die F1-wêreldkampioen en het 15 F1-oorwinnings agter sy naam.

Hy word as een van ’n handjievol elite-bestuurders beskou wat die afgelope tien jaar as ’n superster op die renbaan ontluik het.

  Jenson se pa John, in F1-geledere bekend as “Papa Smurf”, was in die 1970’s ’n suksesvolle tydrenjaer. Dit was hy wat besluit het om Jensen na sy Deense vriend en teenstander Erling Jensen te vernoem.

A photo posted by @lu_22_06 on

John het wel die Jensen na Jenson aangepas om te verhoed dat sy seun met ’n bekende motorfabrikant van daardie era verwar word.

Toe hy agt jaar oud was, het sy pa vir hom ’n knortjor gekoop. Dit was die begin van ’n suksesvolle loopbaan vir die onkeerbare spoedvraat.

Volgens BBC Sport was Jenson nie die beste jaer nie, al was sy verbysteek klinies, skoon en beslis.

Hy word ook beskryf as iemand wat ’n “sysagte gevoel” vir renmotors gehad het. Dit was nie ongewoon dat sy styl met dié van die legendariese Jackie Stewart of Alain Prost vergelyk is nie.

A photo posted by George Harrison Tribute (@thateventuality) on Hoewel Jenson vroeër vanjaar aangedui het dat hy ’n sabbatsjaar gaan neem, het hy ’n tweejaarkontrak met McLaren onderteken en beklemtoon dat hy nie uittree nie. Hy het wel die keuse om binne twee jaar weer na die renbaan terug te keer. Intussen sal Stoffel Vandoorne sy plek inneem.

A photo posted by F1 Quotes (@f1quotes) on

Bronne: bbc.com, jensonbutton.com, skynews.com, skysports.com