Nicole Kidman, wat ’n aanneemma speel in die hoogaanskrewe nuwe rolprent Lion, hoop om ’n vyfde keer ma te word voor haar 50ste verjaarsdag.

Die Moulin Rouge!-ster het aan MailOnline gesê: “Ek sal in die wolke wees en dit met ope arms verwelkom.”

Nicole het twee aangenome kinders, Connor en Isabella, uit haar huwelik met Tom Cruise, en twee dogters, Sunday Rose en Faith, by haar huidige man, Keith Urban.  

A photo posted by @nicolekidman.keithurban on

Sunday Rose is natuurlik gebore in 2008, toe Nicole 41 was, “ná so baie jare van probeer”. Faith het in 2010 deur middel van ’n surrogaat die lewenslig aanskou.

Lees ook: Nicole Kidman onthul groot nuus

“Ons het deur ’n surrogaat gegaan met my tweede dogter, want ek wou so graag nog ’n kind gehad het dat dit seergemaak het . . .” verduidelik sy. “Ek het gevoel my kans om weer swanger te raak, word al hoe skraler.”

Die aktrise vertel aan die agentskap haar man is die streng ouer en sy verkies om “vrygewig te wees met liefde en suinig met reëls”.  

Dis nie duidelik of die egpaar se derde kind deur ’n surrogaat verwek, aangeneem of dalk natuurlik gebore sal word nie, maar die smoorverliefde paartjie en haar man kafoefel graag in die slaapkamer.

Lees ook: Jy sal nie glo wie Nicole Kidman na haar partytjies toe nooi nie!

Toe sy gevra word hoe sy ’n bietjie privaatheid kry met Sunday Rose (8) en Faith (6) in die huis, het die aktrise aan Denise Albert en Melissa Musen Gerstein van SiriusXM se The Moms gesê: “(Ons sê vir hulle) mamma en pappa moet soentjie-tyd hê!”

Die country-sanger Keith het vertel hy het die frase ook al gebruik om vir Sunday te verduidelik hoekom sy nie op ’n wegbreeknaweek van die paartjie kan saamgaan nie.

“Toe Sunday vra hoekom hulle nie saam met ons kon kom nie, het ons gesê dit is ma en pa se ‘soentjie-tyd’ en sy het geanwoord: ‘O, oukei’,” het hy aan news.com.au gesê.

© Cover Media