Die bakkery het ’n foto getwiet van hul koekies met ’n reeks spottende prentjies oor die Oscar-hofsaak daarop. Een se spreuk lui: “And the Oscar goes to . . . jail” en nog een: “Caution: Using toilet. Please don’t shoot!”

Die twiet het gelui: “Ons is nie seker of dié koekies van slegte smaak getuig nie, maar hulle proe beslis lekker.”

Twitter-gebruikers het die koekies as “afstootlik” beskryf, en genoem dat Charly’s Bakery aan Reeva se vriende en familie moes gedink het voor hulle iets so “smaakloos” getwiet het.

“Hulle behoort hulle te skaam,” het ’n gebruiker opgemerk.

Die bakkery het die inskrywing verwyder en verskoning gevra vir die voorval.

“Die koekies was nie te koop nie. Ons wou net die debat aanvuur.

“Ons het lelik drooggemaak en erken ns fout. Ons vra nederig verskoning en is jammer oor enige aanstoot wat die Steenkamp-familie kon neem.”