Megan Fox se bewonderaars was verheug oor die eerste kiekie wat hulle kon sien van haar jongste seun, Journey River. Megan het verlede Woensdag ’n foto van haar en Journey gedeel. Albei lê op ’n bed en kyk na die kamera vir die skattige selfie. Die 30-jarige skoonheid van Transformers straal daarop en dit lyk of sy in ’n blommetjiesrok of -japon geklee is, terwyl Journey net ’n doek aanhet.

A photo posted by Megan Fox (@the_native_tiger) on

Megan het verkies om die foto, wat sy op Instagram gedeel het, sonder ’n byskrif te plaas, maar bewonderaars het vinnig kommentaar gelewer op die “fraai” nuwe toevoeging tot die aktrise se gesin. Megan en haar man, Brian Austin Green, is ook die ouers van die vierjarige Noah en die tweejarige Bodhi. Ma se liefie, Noah.
Is Bohdi nie te skattig nie?

A photo posted by Megan Fox (@the_native_tiger) on

Megan het haar bababoepie in April by ’n Teenage Mutant Ninja Turtles: Out of the Shadows-saamtrek in Las Vegas die eerste keer gewys. Enkele maande tevore het sy Brian om ’n egskeiding gedagvaar.

Die egpaar het sedertdien herenig en die nuwe ma het, kort nadat sy haar swangerskapnuus bekendgemaak het, onthul sy en Brian het tydens ’n romantiese vakansie in Hawaii, waar hulle in 2010 afgehaak het, besluit om hul huwelik nog ’n kans te gee.

Megan het onlangs erken sy het nie beplan om so gou nog ’n kind te hê nie, veral aangesien daar so ’n klein ouderdomsverskil tussen die twee ouer seuns is.

A photo posted by Megan Fox (@the_native_tiger) on

“Ek het altyd geweet ek gaan altyd ’n ma wees; dit het gevoel of dit altyd deel van my paadjie sou wees,” het sy aan die geselsprogramaanbieder Chelsea Handler gesê.

Sy het bygevoeg: “Ek het nooit geweet ek sou drie so kort ná mekaar hê nie.”

Cover Media